KULTUUR

REDENAARS

ATKV REDENAARS

Ons gelukwense word oorgedra aan elkeen van ons leerders wat deelgeneem het aan die eerste uitdunrondte van die ATKV Redenaars.
Elkeen van julle is ‘n wenner om net aan hierdie geleentheid te kon deelneem en die blootstelling daarvan te kon ervaar.
Niël van der Walt, Theunis van der Merwe en Francois du Toit  het goed presteer en ook deurgedring na die volgende uitdunrondte op 18 Mei 2012 te Hoërskool Rustenburg.

Ons beste wense vergesel elkeen van julle ook met die voorbereiding en deelname aan hierdie volgende aangeleentheid.

 

Boekprys

2012-03-12. Carla Bruwer. Silwer + boekprys met Super 12 juniors

 

SUPER 12:  10 MAART 2012

Super 12 redenaars – ‘n super-ervaring!

24 Super 12 skole het almal hulle bekkigste blomme en bielies na Laerskool Menlopark gestuur om ‘n bekgeveg te gaan hou.
In die senior afdeling het Lilica Burger deurgedring na die finale met haar pittige toespraak oor Tatoeer-merke.
In  die Junior afdeling het albei leerders deurgedring na die finale.
Theunis van der Merwe het almal laat glimlag met sy toespraak oor die brommer-gevaar.
Carla Bruwer was baie oortuigend met haar praatjie oor Blaf en het met ‘n algehele tweede plek weggestap.

Wees gewaarsku – ons Samies is nie op die bek geval nie – Ons kan!

 

Saamtrek Kompetisie 2012

Uitslae L/S Saamtrek van Dinsdag, 7 en Woensdag, 8 Februarie se Redenaars kompetisie.

GRAAD 1 – 3:

1.         Theunis van der Merwe         graad 2            HANDE
2.         Carla Bruwer                       graad 3            BLAF
3.         Geneveve Schamrel             graad 3            SKATTE        
4.         Niel van der Walt                  graad 3            SKATTE

GRAAD 4 – 5:

1.         Lilica Burger                         graad 4            HEKKE
2.         Marius Roos                         graad 5            RESEPTE
3.         Francois du Toit                    graad 5            VLIEëRS
4.         Marnè van der Merwe            graad 4            VLIEëRS

Fotoalbum GR 1 - 5



GRAAD 6 – 7:

1.         Anthea White                         graad 7            WURM
2.         Salomè Brits                          graad 7            WURM
3.         Chamonè van der Walt           graad 6            WURM
4.         Reinhardt Hitge                      graad 7            WURM
5.         Christiaan du Toit                   graad 6            SAMBOK

Fotoalbum GR 6 - 7

KOOKKUNS

Trofee en sertifikate van “School of Food” van Linkie Olivier

Marli Beytell    Gr 5/6           
86% in 3-bestandele uitdaging
Beste Tafeldak en Beste “Learning Chef”
Bemeester hele reeks vaardighede.

 Julia de Abreu Gr 4/5
83% in 3-bestandele uitdaging
Beste Tafeldek en Beste “Learning Chef”
Bemeester hele reeks vaardighede.

ONS KOERANT

In Desember 1993 het die eerste Saamtrek Nuus verskyn. Danksy ons ouers en Saamtrek vriende se bydrae, kon die koerant net verbeter tot hier. Saamtrek Nuus word deur die bekwame hande van die redaktrises Me Sharon Gouws en Gerda Jooste Saamtrek se knap redaksie twee keer per jaar uitgegee, einde Junie en einde November.

Die redaksie beskryf al die aktiwiteite wat deur die skool aangebied en bygewoon is. Elke artikel word dan pragtig afgerond met pragtige kleurvolle fotos wat deur die skool se eie fotograaf, Mnr. Fanie Els geneem is.

NOODHULP

Me. Drienie van Heerden
Me. Susan du plessis

Die oogmerk van die noodhulpklasse is om die leerders meer paraat te maak ten opsigte van beserings op die skoolterrein asook tuis.

1ste Kwartaal - Geen Noodhulp
2-3de Kwartaal - Maandae 13:35 - 14:05
4de Kwartaal - Geen Noodhulp

MARKDAG 02 Maart 2012

ORGANISEERDER: Me Sharon Gouws

Entrepreneurs…. Markdae is by Saamtrek ‘n dag waarna elke Samie uitsien. Tydens die eerste drie kwartale word een Markdag per kwartaal aangebied (afhangende van die betrokke jaar se aksies). Op hierdie dag word daar sommer groot besigheid gedoen wanneer jong entrepreneurs hul artikels by stalletjies verkoop. Op hierdie manier hoop ons om groot sakemanne en –vroue vir die toekoms te lewer.

MARKDAG :  2 MAART 2012


Mark Wenners

     

BESTE PLAKKAAT: 
C2:  SNOWCONES :  Chamone van der Walt Gr 6.9

OORSPRONKLIKSTE  NAAM VAN STALLETJIE:
D6:  PLAASWERF BOETIEK:  Hano de Vries en Tristian Oosthuizen:  Gr 7.1

BESTE STALLETJIE: 
GR 1-3:
A5:  ADELINE SMOOTHIES AND DOLLS:  Adeline Roos: Gr 2.8

Gr 4-5:
B7:  CUPCAKE BOUTIQUE: Alicia Becker Gr 5.2 en Driaan Becker Gr 1.4

Gr 6:
C4: BURGER DEN:  Henno de Villiers Gr 6.9 en Dylan Roodt Gr 6.9

Gr 7:
D7:  POP A BALLOON:  Gene Buys en Nadia Olivier Gr 7.1

OORSPRONKLIKSTE STALLETJIE VAN GR 1-7:
B15:  DIE SAMIE STAL:  Melissa Roux Gr 5.1 en Monique van Aarde Gr 5.1

Fotoalbum 2012 03 02

LANDSDIENS

Elke 2de Vrydag 13:00 tot 14:00

PLAKKERSKAMP 24 Februarie

Samies se Landsdiens leerders het op Vrydag, 24 Februarie hul jaarlikse “plakkerskamp” geleentheid gehou.
Onder leiding van mej. Annelize de Klerk, mnre. Pierre Venter, Zetwee Hattingh en Barend Pretorius, het die leerders vanaf 15:00 hul hutte of tente begin opslaan en terwyl die gesamentlike potjie op die kole was, het die personeel die kampeerders met alle soort speletjies besig gehou.
Later die aand was daar die tradisionele skattejag en is daar ge-deurnag tot vroeg- oggendure voordat klaasvakie oorgeneem het. Leerders is teen 08:00 weer almal huis- toe.


Quinton Pieterse, Andries Barkhuizen, Jaco Brits en Anita Barkhuizen by die wen “huisie”.

Fotoalbum

 

BROODKNIPPIE-PROJEK

Gr 5.9 ontvang die trofee en heerlike koek as prys aangesien hulle die meeste broodknippies ingesamel het .  Baie geluk mnr Zetwee Hattingh jou klas het 43 blikkies volgemaak. 

Hierdie klas daag al die ander klasse uit  om  op hulle  43 blikkies te verbeter.

KOOR / SPREEKKOOR 

SPREEKKOOR

Ons bedank graag Ds Denise Swarten me.Vlerkies vir die moeite wa hulle gedoen het met die Saamtrek Spreekkoor.  Hulle is werklik goed beloon vir hulle harde werk met ‘n suksesvolle optrede by NG Gemeente Flimieda op Sondag, 25 Maart 2012.
‘n Groot dankie ook aan elkeen van die lede van hierdie spreekkoor vir die opoffering, getroue oefeninge en positiewe bydrae om Saamtrek se beeld na buite te verstewig.

Fotoalbum

 

Verkies tot Noordwes Kinderkoor 2012:


Adriaan Duminy
Cobus Coetzee
Jan-Hendrik Coetzee
Francois du Toit
Danelle Conradie
Irene Pretorius
Shanè Scholtz


Baie geluk aan hierdie Samies!

Buite - MUSIEK

Verkies is tot die SYMPHONIC WINDS ORCHESTRA.

Stefàn Bogenhofer Gr 7: Franse-horing
Annike Bogenhofer Gr 3: Dwarsfluit

 

Toelating tot die NW Musicon viool-orkes

Jakus Bogenhofer  Gr 5: Viool


UNISA eksamen slaag

Stefàn Bogenhofer  Gr 7: Graad 1 teorie - Slaag met lof
Jakus Bogenhofer Gr 5: Voorgraad teorie - Slaag met lof

 

Talent Africa - Carla Bruwer

Tydens die Kompetisie op 23-25 Maart 2012 te Klerksdorp het Carla Bruwer met haar Instrumente 3x GOUD ontvang.

Carla Bruwer, Gr 3.4, verwerf 3 Goue medaljes by Talent Africa “Nationals”.  Sy word gekies as deel van SA-span wat aan “Talent America” deelneem in Julie 2012 in New York.  Baie geluk Carla, jy maak ons Samies trots!


Goud met klavier solo tydens Talent Africa.

 

Klavier 2012

Lize Raubenheimer    graad 7/2 ontvang vir:

KLAVIER: 'n sertifikaat van UNISA, Klavier graad 2 (prakties en teorie) en Slaag met lof.

 

Buite - DANS

TALENT AFRICA NASIONALS

Kompetise is gehou op 23-25 Maart te Klerksdorp.

  1. Wakka-wakka groep ontvang GOUD
    Nicola van Dyk, Chanel Schutte, Carla Bruwer, Ine Botha, Lilica Burger en Caylen Burger
  2. Bieber Fever groep ontvang GOUD
    Monique van Aarde, Melissa Fourie, Amicke Croucamp, Clarissa Claassen, Lize Raubenheimer, Simone du Rand en Jo-marie Rossouw.
  3. Superman groep ontvang GOUD
    Lilica Burger – enigste Samie verteenwoordiger
  4. Hip-hopdans groep ontvang GOUD

INDIVIDUELE PRESTASIES

Lilica Burger Gr 4.5:
Beste Junior dans kategorie (alle genres); Beste Overall Junior (alle kategorie) en Top 10 dans kategorie (alle ouderdomme)

Caylen Burger Gr 1.6:
Top 10 in alle dans genres en ouderdomme

TALENT AFRICA – NASIONALE EINDRONDTE

  1. Carla Bruwer Gr 3.4, is gekies om Suid-Afrika te verteenwoordig by Talent America in New York in Julie vir Ballet, Klavier en Hip-Hop groepsdans.
  2. Carla is aangewys as een van top 50 deelnemers (in alle katergorie) – daar was meer as 840 items by Talent Africa Nationals.
  3. Sy verwerf ook 1 goue medalje VIR Ballet.
  4. Carla is ook deel van die SA span wat Mei 2012 aan die “World Dance masters” deelneem in Kroasie.

Foto

ESDU World Dance Tour

Tydens die ESDU World Dance Tour – S.A. Open te Springs op 11 Februarie 2012 is die volgende leerders beloon:
     
Lilica Burger: Gr 4       Kwalifiseer om aan die ESDU Wereld Kampioenskappe deel te neem
                                    in Kroasie.  Lilica is aangewys as die beste danseres en is beloon
                                    met ‘n gratis reis na Kroasie om aan die kampioenskappe deel te neem.

Inè Botha: Gr 4            Kwalifiseer om aan Wêreld kampioenskappe deel te neem -                                     Kroasië. (Wakka-wakka groep)

Carla Bruwer: Gr 3       Kwalifiseer om aan Wêreld kampioenskappe deel te neem -                                     Kroasië. (Wakka-wakka groep, Ballet)

Nicola van Dyk: Gr 4.7  Kwalifiseer om aan Wêreld kampioenskappe deel te neem                                         (Wakka-wakka groep)

Chanèl Schutte: Gr 1.5 Kwalifiseer om aan Wêreld kampioenskappe deel te neem.
                                     (Wakka-wakka groep)

Caylen Burger   Gr 1:    Kwalifiseer om aan ESDU Wereld Kampioenskappe deel te neem
                                     (Ballet, Jazz, Freestyle en Wakka-wakka groep. Caylen was ook van
                                     die 4 nominasies vir “Best female Dancer”.

Die Wakka-Wakka groep ontvang die toekenning vir “Best group dance”.

 

Talent Africa se Nasionale Eindrondte

By Talent Africa se Nasionale eindrondte is Lilica Burger aangewys as die “Best Junior Performer”,  en ontvang ‘n kontantprys ter waarde van R2500.  Sy is ook een van 2 nominasies vir “Best Overall Performer”.  Sy kwalifiseer om Suid-Afrika by die Talent America kompetisie te verteenwoordig in Junie.
Baie Geluk Lilica, jy is sowaar ‘n ambassadeur vir Laerskool Saamtrek!

ESDU World Dance Tour 2012

Caylen Burger Gr 1/6: Ontvang sertifikate en trofee verwerf.
O
p 11 Februarie 2012 het Caylen tydens ESDU World Dance Tour of South African Open te Springs – gekwalifiseer om aan die Europese Dansunie Internasionaal deel te neem
In Ballet, Jazz en Ope.  Sy ontvang ‘n spesiale toekenning    “ Best entertainer” en Nominasie vir  “Best female dancer

 

Tydens Talent Africa se Nasionale Finaal gehou op 25 Maart 2012 het Caylen gekwalifiseer om Internasionaal aan Talent America later vanjaar deel te neem.  Sy is ook in die Top 10 in die dans kategorie by hierdie kompetisie wat dansers van alle ouderdomme en style insluit.

 

European Dance Star World Tour 2012

Lilica en Caylen Burger, Carla Bruwer, Inè Botha, Nicola van Dyk en Chanèl Schutte ontvang trofeë en sertifikate  omdat hulle aan die "European Dance Star World Tour" kompetisie deelgeneem het en is genooi om Suid-Afrika by die "World Dance Masters" van 14 tot 21 Mei 2012 in Kroasië te verteenwoordig.

 
Lilica en Caylen Burger, Carla Bruwer, Ine Botha, Nicola van Dyk en Chanel Schutte

 

NATIONAL EISTEDDFOD

Lilica Burger is aangewys as die Noordwes wenner van die Nasionale Eisteddfod.  Sy ontvang ook ‘n Ambassadeurs toekenning vir “outstanding achievement Ballet 98% and over).

 

Replay Dans Studio

LIZE RAUBENHEIMER GR 7.2
het by Replay Dans Studio haar Hip-Hop eksamen geslaag met pragtige uitslae:

Goud – Beste danser   Vlak 2
Silwer – Groove Foundation Vlak 2

 

Buite - DRAMA

Talent Africa - Carla Bruwer


Goud vir dramatic en Silwer vir algeheel
tydens Talent for Africa.
 

 

Talent Africa - Noordwes Uitdunne

Op  25 Februarie 2012 tydens Talent Africa kompetisie behaal die volgende leerders die volgende pragtige prestasies.

Anthea White          graad 6/4       Drama dramatic      Silwer
Stefàn Bogenhofer  graad 7          Drama                   Silwer