NUWE LEERDERRAADSLEDE
Baie geluk aan Kobus Coetzee en Gené Buys wat as nuwe leerderraadslede
ingestel is op die leerderraad.
NUWE LEERDERRAAD 2012
HOOFDOGTER: O/HOOFDOGTER: WILKENS MALA
ALBERTS LINé |
HOOFSEUN: O/HOOFSEUN: THOMAS DEEWEE
BUITENDACH BRENDON |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
RIGLYNE TEN OPSIGTE VAN LEERDERRAADSVERKIESING
‘n Totaal van 30 leerders op die leerderraad, waarvan 15 dogters en 15 seuns sal wees.
Alle graad 6 leerders word op ‘n kortlys geplaas. Graad 5 tot Graad 7 leerders stem asook die personeel. Die gewig van stemme vir die bepaling van die kortlys is as volg:
GR 5 |
GR 6 |
GR 7 |
PERSONEEL |
12% |
26% |
12% |
50% |
Uit die kortlys word ‘n nominasielys saamgestel.
Daar word dus 25 dogters en 25 seuns op die nominasielys geplaas. Graad 5 tot Graad 7 leerders, asook die personeel, sal weer stem. Die kamp word bygewerk in die finale punteberekening vir die aanwys van die leerderraad. Dit word uitdruklik gestel dat indien ‘n kind nie die kamp bygewoon het nie, so ‘n leerder nie benadeel sal word nie.
Die gewig van stemme vir die bepaling van die Leerderraad is as volg:
GR 5 |
GR 6 |
GR 7 |
KAMP |
PERSONEEL |
12% |
26% |
12% |
15% |
35% |
‘n Beheerliggaamslid monitor die proses.
Die Leerderraad word nie aangekondig tydens die prysuitdeling nie. Hierdie aankondiging sal gedurende skooltyd plaasvind.
Hierdie proses word deur sekere leerders as baie traumaties ervaar, daarom het ons u ondersteuning as ouer nodig. Daar is in die verlede onnodig druk op die leerders geplaas, asook verwagtinge by hulle geskep. Elke kind bly steeds ‘n wenner ongeag of hy deel van die leerderraad is of nie. Berei u as ouer u kind asseblief voor op hierdie aangeleentheid.
Bogenoemde inligting word ook met die leerders behandel.
Leerderraadgroete
MEV A VAN HEERDEN: DPO / WHJ VAN RENSBURG: HOOF
Kliek hier onder vir 'n foto album van ons Gr.6 Leierontwikkelingskamp.
BEHEERLIGGAAM
AANTAL LEERDERS
‘n Totaal van 30 leerders op die leerderraad, waarvan 15 dogters en 15 seuns sal wees.
KORTLYS
Alle graad 6 leerders word op ‘n kortlys geplaas. Graad 5 tot Graad 7 leerders, asook die personeel stem. Die gewig van stemme vir die bepaling van die kortlys is as volg:
GR 5 |
GR 6 |
GR 7 |
PERSONEEL |
12% |
26% |
12% |
50% |
Uit die kortlys word ‘n nominasielys saamgestel, Daar word dus 25 dogters en 25 seuns op die nominasielys geplaas.
NOMINASIELYS
Graad 5 tot Graad 7 leerders stem asook die personeel. Die kamp word bygewerk in die finale punteberekening vir die aanwys van die leerderraad. Indien ‘n leerder nie die kamp bygewoon het nie, sal dit nie teen hom/haar tel nie.
GR 5 |
GR 6 |
GR 7 |
KAMP |
PERSONEEL |
12% |
26% |
12% |
15% |
35% |
TELLING
Die telling word deur die leerderraadsvoog behartig. Totale word deurgegee aan die dagbestuur, wat op ‘n spreitabel verwerk is. Bogenoemde besonderhede word tydens ‘n dagbestuursvergadering bespreek. Die beheerliggaamslid – Akademie/Voorsitter, sit in tydens hierdie vergadering saam met die dagbestuur om die finale keuses uit te oefen.
HOOFLEIERS
‘n Hoofseun en Hoofdogter word aangewys tesame met een Onderhoofseun en een Onderhoofdogter.
SKOLIERPATROLLIE
Die skolierpatrollie is deel van die leerderraad se pligte en hulle sal op ‘n rotasiebasis die pligte uitvoer.
AANKONDIGING VAN DIE LEERDERRAAD
Die Leerderraad word nie aangekondig tydens die prysuitdeling nie. Die aankondiging sal plaasvind tydens skool, gewoonlik die laaste periode op ‘n Vrydag. Sommige leerders ervaar die aankondiging as baie traumaties – hulle kry sodoende genoeg tyd om dit te verwerk voor hul weer moet skool toe kom.
INSTELLINGSFUNKSIE
Die instellingsfunksie van die leerderraad vind gedurende ‘n geskikte aand plaas waartydens die betrokke leerders se ouers ook teenwoordig is. Die Beheerliggaam en Personeel is welkom om die geleentheid by te woon.
Die koste verbonde aan die Leerderraadswapen word deur die leerders self gedra.
LEERDERRAADSPANBOU
Hierdie aksie, waartydens leier- en spanontwikkeling plaasvind, word gehou op ‘n geskikte dag nadat die Leerderraad verkies is. Gewoonlik vroeg nadat die skole in Januarie heropen het. Die aand word afgesluit met ‘n bring en braai saam met die Leerderraad se ouers.
A VAN HEERDEN DPO























