SAMIES NUUS

GR 7 FONDSINSAMELINGSPROJEK:  KOEILOOP

Die Graad 7's se fondsinsamelingsprojek om 'n verkoelingstelsel in die saal te laat sit was op 20 April 2012 gehou.  Hulle het die koei laat loop op die rugbyveld tot hy geplons het.  Die persoon op wie se stukkie grond geplons is, was die wenner!  Daar was ongelooflike pryse. 

Besighede het krale gekoop en Vrydagaand tot laat saam met hulle gaste gekuier om die vure en potjiekos geniet. OFM was ook daar en het die bemarking gedoen. 

Baie dankie aan elkeen se ondersteuning en positiewe bydrae.  'N Pragtige bedrag is ingesamel en die leerders van Saamtrek behoort al die winter lekker warm te kry in die saal. 

Julle Graad 7's is tops!!

Fotoalbum

 

INTERAKTIEWE BORDE

Saamtrek neem ‘n groot sprong op akademiese gebied met die installering van interaktiewe borde.

Ons weet dat die impak van hierdie hulpmiddels net verrykende gevolge sal hê vir ons leerders.  Hierdie tegnologie sal ons leerders veel beter akademies kan stimuleer as die gebruiklike skryfborde in die klaskamers.  Alle klasse van Gr 3-7 word toegerus met hierdie tegnologie.
Ons is bevoorreg om een van die eerste Laerskole in ons gebied, indien nie die provinsie te wees met hierdie apparaat in klaskamers.

Ons kan nie anders, as om met groot waardering dankie te sê aan elke ouer en instansie wat ‘n bydrae gelewer het met donasies vir die installering van interaktiewe borde in ons klaskamers.  Die reaksie was oorweldigend, Saamtrek is gesën met sulke positiewe reaksies.

 

 

NUWE BEHEERLIGGAAM 2012

Ons bedank al ons ouers wat so positief bygedra het tot die verkiesing van die nuwe beheerliggaam van Laerskool Saamtrek.  Baie dankie aan die oud-beheerliggaam onder leiding van die Voorsitter,  Mnr  Christo Smit, wat baie bygedra het tot die sukses van ons skool.

Die verkose lede is:
Ouerverteenwoordigers
Mnr. Otto Bruwer
Me. Maryke van der Merwe
Mnr. Pieter Burger
Me. Lizelle Raubenheimer
Mnr. Heinro Schamrel
Me. Brenda Venter

Baie geluk met u verkiesing, ons wens u ook alle sterkte toe met u werksaamhede by Saamtrek.

 

SUPER 12  RUGBY  EN  NETBAL

Laerskool Saamtrek neem op Vrydag, 13 en Woensdag, 18 April aan die Super 12 rugby- en netbalkompetisie deel.
Na afloop van Vrydag se groepwedstryde, eindig Samies as algehele wenners van die netbal- en rugbykompetisie.  Tydens die semi- en finale rondtes op Woensdag, 18 April, is die uitslag soos volg: Lees Meer

O/11 RugbyGoue medalje. Klop L/S Mooirivier in die finaal met 15 – 0. Dit is L/S Saamtrek se eerste goue medalje vir rugby sedert hulle  aan die Super 12 kompetisie deelneem.

 

SAMIES Sê DANKIE

Ons grootste waardering gaan aan elke ouer en persoon wat ‘n bydrae gelewer het met die mooi maak van ons skool se tuine!

Baie van ons ouers het plante geskenk, asook arbeid om die grond voor te berei en dit te plant.
Dit lyk werklik pragtig!

Hierdie deelnemendheid word aangemoedig onder almal wat betrokke wil wees by sy of haar skool. Ons maak die skool tog mooi vir ons kinder wat elke dag vir lang tye daar vertoef!

 

DAMSTAP: 23 MAART

23 Maart 2012 was weer ‘n “plesierige” hoogtepunt vir die eerste kwartaal.  Oud en jonk het hulself oortref!  Altesaam 800 leerders tesame met ouers en grootouers het die ongeveer 5,6km aangedurf na Klerksdorp Dam.

Toe die busse om 11:45 arriveer moes onderwysers Samies letterlik smeek om op te pak en aan te stap busse toe – die baljaar in die swembad, glybaan en skuim “slip & slide” was te heerlik om te verlaat. 
Verseker het alle ouers ‘n rustige “stil” Vrydagaand beleef – Samies was seker reeds vroeg in droomland na die dag se balojaar, ver stap en opgewondenheid!

Ons is bly jul het dit almal geniet, volgende jaar maak ons weer so!
Baie dankie ook aan die Klerksdorp verkeer wat gehelp het dat ons veilig by die dam kom, en ‘n spesiale dankie aan oom Anton en tannie Joan van Rooyen van Ghoma Lodge oppad Klerksdorp Dam toe  wat vir tannie Elmarie van der Walt en haar pa, toestemming gegee het  om die water te gebruik wat die leerders heerlik afgekoel het.  Dit was ‘n heerlike verrassing en ‘n afkoel vir elke leerder.

Fotoalbum

 

Spreekkoor

Ons bedank graag Ds Denise Swarten me.Vlerkies vir die moeite wa hulle gedoen het met die Saamtrek Spreekkoor.  Hulle is werklik goed beloon vir hulle harde werk met ‘n suksesvolle optrede by NG Gemeente Flimieda op Sondag, 25 Maart 2012.
‘n Groot dankie ook aan elkeen van die lede van hierdie spreekkoor vir die opoffering, getroue oefeninge en positiewe bydrae om Saamtrek se beeld na buite te verstewig.

Fotoalbum

 

Emily

DIE GRAAD 6 GROEP SING VIR EMILY MET HAAR VERJAARSDAG

Emily is sedert 1983 by Saamtrek, en het op 12 Maart haar 62ste verjaarsdag by Saamtrek gevier.  Die Graad 6 leerders het haar verras met ‘n geskenkie en lekker vir haar gesing!

Baie geluk Emily!

 

Skrikkeljaar verjaarsdagmaatjie

Zani Heintze het op 29 Februarie 2012 verjaar en is Saamtrek se enigste
Skrikkeljaar verjaarsdagmaatjie.  Die Samiemannetjie het haar verras en vir
haar 'n geskenkie gebring!  Hoop jy het lekker verjaar Zani!

 

LAERSKOOL SAAMTREK WEN DIE TOP 15

Twaalf skole het op 15 Februarie 2012 aan die Top 15 atletiek gaan deelneem
in Lichtenburg. In hierdie kompetisie stuur elke skool hul top 15 atlete na
die byeenkoms. Na strawwe kompetisie wen Saamtrek met 14 469 teenoor die
tweede skool Burgersdorp se 14 417.  Lichtenburg was in derde posisie met 14
339. 

Twee atlete wat genoem moet word is Gené Buys wat vir haar verspring item
906 punte verdien het op die ASA tabel 2012 en Jana Steinmann met 888 punte
vir haar Gewigstoot.

Baie geluk aan die atlete! Julle het julself as die Top 15 atlete van Saamtrek bewys.

Ons Samies is baie trots op julle!

       

Fotoalbum

 

ATKV: GRETHA PERS.

Op Vrydag, 24 Februarie 2012 was Saamtrek vir ‘n uur pers in plaas van rooi
Gretha Pers van die ATKV het Saamtrek besoek om die ATKV tydskrif, HOEZIT, by die leerders te bemark.
Onder leiding van Liezl Brink en met Arno Mocke as klankman, het Gretha die leerders betower met haar sang, energieke danspassies en sin vir humor.
Sy het die onderwysers laat dans en sing tot groot vermaak van almal. 

Aan die ATKV ‘n groot “pers” dankie vir die groot “pers” lekkerte!

fotoalbum

 

WELKOM AAN ELKE SAMIE

Ons wens elkeen van u ‘n geseënde en uiters voorspoedige 2012 toe.  Ons verwelkom alle nuwe intrekkers.  U sal gou besef dat u nou deel is van ‘n baie besondere familie.  ‘n Familie waar elkeen gelukkig is.  Een wat mekaar bystaan, ondersteun en aanvaar vir wie elkeen is.
Ons nooi u vriendelik uit om deel te wees van hierdie skool en alles wat dit ons kinders bied.  Geniet elke oomblik saam met u kind en ook dit wat wat vir hom/haar belangrik is.  Ons deure, harte en hande is vir elke leerder en ouer oop vir wanneer u inligting verlang, onseker oor iets is of sommer net wil kom gesels en ontmoet.
Saam kan ons ‘n verskil maak vir ons kinders, saam kan ons enigiets vermag, saam kan ons een van die ongelooflikste jare in die geskiedenis van Laerskool Saamtrek beleef.

Staan saam, vat hande in Saamtrek, staan op vir jou skool.
Wees ‘n trotse Samie!

Meneer Pieter Visagie en Personeel

fotoalbum Eerste skooldag

 

GR 7 UITSTAPPIE NA NYATI KAMP & SUNCITY

Vroeg die oggend was ons almal by die skool en baie opgewonde!  Ons het soos sardientjies in ‘n blik die bus vol gesit en “Ek joke net” gekyk.  Een, twee, drie ... uiteindelik ons is hier!  Rustenburg is “hoender warm” en toe ons by Nyati aankom, kon ons nie wag om ons lywe nat te maak nie.  Oom Jackie was die hoofkrokodilmeester van die plek en het ons na ons bangolows gevat, waar hy vir ons die “Liviete” voorgelees het.  Ons moes maar “cope” met die swaar tasse, want van ‘n “gentleman” was daar geen teken nie!  
     

 

Toe begin KAMP STAALDRAAD!  Almal moes deur modder kruip en oor snaakse hindernisse klouter – glo my, ‘n paar modepoppies het dit nie snaaks gevind nie – maar soos hulle sê:  “The strongest will survive”.  Daarna het ons heerlik in die rivier gaan swem en ‘n paar van ons brawe siele het toe gaan “kleilat” speel by die dam.  Kyk, so klomp Gr 7’s kan mekaar lekker seer skiet hoor!  Die kampkos was ook uit die boonste gestoeltes.

Later die aand het ons ‘n “nagmars” gehad, dis was mal lekker, maar ons moes in die donker rigting hou en het ver geloop.  Ons Graad 7’s het verstaan dat “ligte uit” eintlik beteken: gaan kuier buite en maak geraas!  Oom Jackie het ook besef dat Rustenburg se weer nie die seuns en meisies van mekaar kan wegkeer !

Toe breek 11/11/2011 uiteindelik aan..Die son was skaars uit, toe is ons gereed om die “Sonstad” (Sun City) rooi te gaan verf!

Ons het lekker geswem in die tsnunami-golwe, maar as jy dink jy het al ‘n bok vir sports gesien, dink weer!  Ja, juffrou Esmari, of sal ek eerder sê “QUEEN OF COURAGE”, het die Tarantula en Slide of Courage gewys waar Dawid die wortels begrawe het. Geen bang haar op haar kop nie, glo my!!

Hierdie lekker dag se einde was te gou in sig, aaawh..ons moes huis toe..!

‘n Baie stiller bus het by die skool gestop, party mensies ws maar lekker rooi gebrand, maar soos hulle sê: “Hoe rooier hoe mooier!!”  Duidelik het Sun City ons rooi geverf!!  Dankie juffrou Esmari, menere Hennie en Barend vir ‘n onvergeetlike afsluitingskamp.  Dankie ook juffrou Esmé dat jy saam was.  Dit is beslis iets wat altyd in ons harte sal bly, ons is en sal altyd trotse Samies wees!!

Mechaune Olivier Gr 7.5

 

Fotoalbum

 

SAMIESDAG

Samiesdag is elke jaar 'n HOOFLETTERdag op die Samiekalender.  Vrydag, 11 November was dit weer sulke tyd! Toe ons by die skool aankom het die bloed sommer vinniger deur ons are gebruis toe ons sien dat die gladiatorbane alreeds opgeslaan word.  Elke jaar is daar kleintjies, grotes, hoës, laes en selfs ‘n skuimbad, iets vir elkeen.  Om die Gr R'e 'n kans te gee moes ons "grotes" in die klasse wag.  Ons het omtrent die minute afgetel. Uiteindelik kon ons uitgaan om ook die koue water, skuimbolle en glybane aan te durf! Ons was vol skuim, papnat en het elke juffrou ‘n lekker “nat” drukkie gegee.  Dit was lekker en nou sien ons weer uit na volgende jaar se Samiesdag!

Fotoalbum

 

Bybelverspreiding

Baie dankie vir al die Saamtrekkers wat geldjies bygedra het vir Bybelverspreiding. Julle het dit moontlik gemaak om 'n hele klompie Bybels te kan koop.
Daar word deur die CSV onder leiding van mr. Annelize de Klerk uitgereik na mense met 'n behoefte aan Bybels met die muntlegging.  Die projek was 'n enorme sukses en ons CSV kan heelwat behoeftige mense hierdeur help met 'n Bybel.

Fotoalbum

 

BOOMPLANTDAG

Die omgewingsdag vind plaas op 9 September 2011.  In samewerking met die Departement van Onderwys, plaaslike munisipaliteit en Hoërskool Wesvalia, het die leerders vanaf 11:00  op Vrydag, 9 September in die park oorkant Laerskool Saamtrek deelgeneem aan verskeie aksies soos boomplant.  René du Plessis en Lilica Burger het hulle uitstekend van hul taak gekwyt toe hulle aan al die leerders teenwoordig die doel van Nasionale Boomplantdag moes inlig.

René sê:
“Die Nasionale boomplantdag, is ‘n dag toegewy aan die voordeel van die hele nasie en word vandag 9 September 2011 by Laerskool Saamtrek in Noordwes gehou.
Die eerste boomplantdag was in 1872 in die VSA gevier, waar op die dag 1miljoen bome geplant is.  Wêreldwyd word boomplantdag as ‘n belangrike verantwoordelikheid beskou.
Bome is veeldoelig vir bv. medisyne, kos, veevoer, konstruksie en natuurskoon.  Dit is beter om inheemse bome te plant, aangesien bome wat van ander lande kom, dikwels te veel water benodig.  Bome speel ‘n sleutelrol in die gesondheid en welstand van ons gemeenskappe.  Meer bome kan die voorspelde temperatuurstygings weens aardverwarming aansienlik teewerk.  10% groen ruimte kan stedelike oppervlaktemperature met sovel as 4% verminder.
VOORDELE VAN BOME: 

  • Bome neem die koolstofdioksied in motoruitlaatgasse op en skakel dit in suurstof om.
  • Bome verminder geraasvlakke.
  • Help om oortollige water te laat afvloei en verminder kieme.
  • Bome voorkom grond-erosie en
  • Verleen natuurskoon aan ‘n gebied, en lok so toeriste.
  • Huise in boomryke gebiede haal hoër pryse in die eiendomsmark.

Sowat 80% van Suid-Afrikaners woon na raming in stedelike gebiede.  As ons nie nou boomaanplanting beplan nie, sal toekomstige geslagte dalk nooit die wonder van bome leer ken nie.

Lilica sê:
I‘m sure you all remember Enid Blyton’s famous stories of the Enchanted Forest.  Tales of three children who embark on an exciting adventure when they discover a magical tree inhabited by the most peculiar characters like Silky, Moonface, Mr Saucepan and Dame Washalot, who kept on accidentally throwing her dirty washing water over everyone.  Each time the children would climb to the top of the tree, they’d discover a different land up there filled with the strangest oddballs that provided hours of thrilling fun and awesome adventure.

The kid detectives, the Famous Five, solved many a mystery from within their tree house headquarters, 8 meters above the ground.  Tinkerbell, Peter Pan and the Lost boys live in a lair in the hollow trunk of humungous tree.

So many amazingly wonderful stories have been set in forests and woods amongst the beautiful green trees – Goldilocks, Snow White, Harry Potter, and the list goes on and on.  Petite little Zaccheus had to climb a sycamore tree to catch a glimpse of Jesus and Eve committed he first sin when eating the forbidden fruit from the Tree of Knowledge.

Yes, trees provide us with oxygen; they provide food and shelter for humans, animals and birds; they are a source of paper and fuel.  But, when I close my eyes and think of trees, I see picnics, rope-swings, tree houses.  I see Autumn leaves and Spring blossoms.  I see fairies and goblins.  I move into a world of fantasy where my imagination can come alive again and I can just be a kid!  And I say a silent prayer thanking God for his wonderful world that he has created for us.

Folks, let’s all work together to plant and preserve our wonderful trees to help keep our fantasy world alive!

Fotoalbum

 

NUWE KLASKAMERS

As gevolg van die positiewe groei in getalle by Saamtrek, was hulle genoodsaak om nog twee klaskamers te laat aanbou.  Die nasorgsentrum het ook hulle eie kombuis gekry.

 

Totsiens meneer Willie!

OUER-AFSKEID vir mnr. Willie van Rensburg (hoof) wat aftree:na 34 jaar in die onderwys waarvan 23 jaar by Saamtrek was
( 1/2/1989 – 30/06/2011).
Maandagaand, 20 Junie, het die Beheerliggaam van Saamtrek en ouers `n geselligheid in die skoolsaal aangebied.

Vorige beheerliggaam voorsitters verras ook met hul teenwoordigheid terwyl oud-ouers en vriende ook hul opwagting maak.

Mev. Seokolo, hoof van ons Noordwes skole-streekkantoor in Klerksdorp kom lê besoek af om mnr,Willie te groet en sterkte toe te wens met sy aftrede.



Mev. Seokolo van ons streekkantoor,
het ook kom afskeid neem.


L na R:  Mnre: Danie Smith, Christo Smit, Willie van Rensburg, Sarel Kritzinger (ondervoorsitter), Anton Mitchell en Dennis Graham.  Afwesig. Japie Olivier wat eers later kon kom.

SAMIES, ONS Sê TOTSIENS…

Wat ‘n wonderlike voorreg om soveel genade van ons Hemelse Vader te kon ontvang om aan die einde van ‘n loopbaan te kan kom, én te kan groet!  En dit alles was net een groot lekkerte!

Lekker om te kon werk en dien – dit was betekenisvol, dit het sin aan my lewe gegee, en daarom is ek baie dankbaar dat ek soveel genade ontvang het.
My besondere dank aan elke Samie leerder – julle het diep in my hart nesgeskop; al ons ouers wat my en ons skool getrou ondersteun het – julle het ons taak ongelooflik maklik gemaak; die onglooflike Samiepersoneel – “you’re the best!”

Na ‘n periode van 35 jaar in die onderwys, waarvan 23 jaar by Laerskool Saamtrek, die laaste bykans 14 jaar as hoof, het dit tyd geword om aan te beweeg.  Maklik is dit nie maklik nie, maar kan mens dit wel regverdig deur te put uit die vreugdes en prestasies van dit wat was.  Sleutelwoorde in my lewe kon ons egter hier waarmaak – woorde soos “toekoms, droom, humor, positief, geloof, werk, dink, saamsnoer, spanwerk, geniet” en vele ander.

Elkeen met wie ek omgegaan het, het ‘n invloed op my lewe gehad, het my help vorm in my menswees.  So verwys ek graag ook na Beheerliggaamvoorsitters (en ander –lede) met wie ek te doen gehad het: Dennis, Francois (wyle-), Danie, Japie, Anton en Christo – ‘n groot dankie aan elkeen!  Van ‘n seuntjie ontvang ek ‘n briefie: “…it’s the bulldog next door that reminds me of you;” en ‘n kollega wat skryf: “you”ve toxicated me with laughter.”

Ons groet ‘n wonderlike skool met “An old Irish blessing”:

May the road rise up to meet you
May the wind always be on your back
May the sun shine warm upon your face,
And rains fall soft upon your fields.
And until we meet again,
May God hold you in the palm of His Hand.



 

 

DIE GRAAD 6 DEURNAG DOEF-DOEF


Gemeet op die rigter skaal was ‘n aardskuddend “10”!

Van rugby onder spreiligte , ‘n braaivleisaksie saam met die mammas en pappas tot jou eie nessie skrop in die saal. 

Juffrou Sharon en Jufrou Gerda het sterk gestaan en die heelnag/dag oog gehou terwyl Mnr Senekal en oom NIco leepoog huis toe moes gaan.

Tandepasta is daar gesmeer met ‘n ….”Wat doen jy nou?....

Min of geen geslaap, baie gedans en gesing.  Aan al die pa’s en ma’s en veral die onnies wil ons DANKIE sê vir ‘n onvergeetlike Deurnag sessie!

Marelize Gericke Gr 6.6

Fotoalbum

 

WATERKASKENADES

Wit, skuimspokies, ywerige hekkiespringers en kleuters wat lag en gil van opgewondenheid het op 18 Maart Samies se rugbyveld vol baljaar.

Ring ‘n Ting, Kabouterkollege, Kabouterland, Smurfieland, Sonneblomkind, Drie Varkies, Mickey Hase, Maranatha, Babbelbekkie, Sonstraaltjie en Wikkel en Woel was die gaste vir die dag!

Dit was ‘n ongelooflike dag en met ‘n koue ysie en ‘n “chippie” is moeë kleuters huis toe.

Fotoalbum

 

KWARTAAL PROGRAMME

KWARTAAL 1 18 JANUARIE - 30 MAART pdf. 25kb
KWARTAAL 2 10 APRIL - 22 JUNIE pdf. 29kb
KWARTAAL 3 16 JULIE - 28 SEPTEMBER  
KWARTAAL 4 08 OKTOBER - 07 DESEMBER  

 

OUERBRIEF 2012

 

 

TOETSWERK:

>28 MEI – 14 JUNIE 2012

NEEM ASSEBLIEF KENNIS VAN VERANDERING TEN OPSIGTE VAN DIE KWARTAALPROGRAM.

MAANDAG

28 MEI

EBW

.pdf

DINSDAG

29 MEI

K & K

.pdf

DONDERDAG

31 MEI

LO

.pdf

MAANDAG

4 JUNIE

AFR

.pdf

DINSDAG

5 JUNIE

NW

.pdf

DONDERDAG

7 JUNIE

WISK

.pdf

MAANDAG

11 JUNIE

ENG

.pdf

DINSDAG

12 JUNIE

SW

.pdf

DONDERDAG

14 JUNIE

TEGN

.pdf

 

AANSOEK OM TOELATING VORMS

Aansoek om Toelating MSW - 236kb  
Onderneming om Skoolgeld te Betaal MSW - 37kb  

Debietorderopdrag

MSW - 32kb  

 

BENODIGDHEDE

GRAAD R Pdf. - 87kb  
GRAAD 1 Pdf. - 87kb  
GRAAD 2 Pdf. - 61kb  
GRAAD 3 Pdf. - 49kb  
GRAAD 4 Pdf. - 57kb  

 

NASORGSENTRUM

Nasorgsentrum Aansoekvorm Pdf. - 16kb
Nasorgsentrum Inligting Pdf. - 17kb
   

 

 

DANKIE