ONDERIGFASES

1. GR. R – 3: GRONDSLAGFASE

Hier spog ons skool met seker een van die beste Grondslagfase-afdelings in die Klerksdorpomgewing.

Onder bekwame leiding van die Departementshoof, Me. Blanché White, floreer en groei ons leerders. Sy word bygestaan deur ‘n Graadvoog in elke graad.

GR R

Skoolgereedmaking is hier ‘n prioriteit met inagneming van elke kleuter se vlak van emosionele ontwikkeling, sodat elkeen van ons kleuters, aan die einde van sy/haar Gr.R-jaar, met selfvertroue en ‘n gevoel van veiligheid, Gr.1 kan aanpak.

  • Pragtige en uitstekende toegeruste klasse
  • Gratis rekenaarklasse
  • Klein groepies per klas
  • Terrein waar kleuters optimaal kan eksperimenteer en ontwikkel
  • Gereelde opvoedkundige sowel as pretuitstappies
  • Oorbruggingsfase na Gr 1
  • Bulletjie rugby en versie netball
  • Netbal Akademie, Krieket Akademie, Playball, Tennis, Beaux Art en Tennis Akademie (Opsioneel ekstra)
  • Voldoende vry- en buitespeltyd
  • Geen formele onderrig
  • Nasorg

GR R Fotoalbum 2011

Coffee saam met Ma

SKOOLGEREEDHEID

Kinders is skoolpligtig in die jaar wat hulle sewe jaar oud word.

Om “skoolgereed” te wees impliseer dat die stadium van ontwikkeling bereik is waar sy of haar sosiale, emosionele, fisiese en perseptuele areas van ontwikkeling gereed is sodat hulle met selfversekerdheid, gretigheid en gewilligheid, die informele leeraktiwiteite van die Graad R klas sal verruil vir die eise en uitdagings van formele leer.

Laerskool Saamtrek se Graad R klasse volg ‘n gestruktureerde program wat op ‘n informele wyse aangebied word. Goed deurdagte aktiwiteite is gemik op vaardigheidsontwikkeling om sodoende skoolgereedheid te bevorder. Die speelgrond waar kleuters klim en klouter, balanseer, swaai, sosialiseer en ontdek, is ‘n baie belangrike verlenging van die klaskamer, waarsonder formele leer nie suksesvol aangebied sal kan word nie.

Soos deur die Beleid vir Kleuteronderrig voorgeskryf, word géén formele leer, lees of skryfwerk in Graad R gedoen nie.

Die skep van ‘n geborge opvoedingsklimaat is ‘n basiese opvoedkundige doelwit. ‘n Kind wat seker van homself is, sal in staat wees om suksesvol te leer. In Laerskool Saamtrek poog ons om ‘n positiewe en realistiese selfbeeld by elke leerder te bevorder.

Ordelike, gestruktureerde roetine en die behoorlike toesig en leiding van bekwame en simpatieke onderwysers, sal die geleentheid bied vir die individuele kind om sy volle potensiaal te ontwikkel. Elke kind het aanmoediging nodig, nie net op akademiese gebied nie, maar vir al sy pogings. ‘n Redelike vlak van verwagting deur sy ouers en onderwyser, sal verseker dat hy sy motivering behou.

By skooltoelating sal daar verwag word dat die leerder in staat sal wees om:

  • Sy moedertaal (Afrikaans) te kan gebruik as kommunikasiemiddel
  • Eervarings met voldoende woordeskat en korrek geformuleerde sinne te kan oorvertel
  • Sy behoeftes te kan verwoord
  • Homself te kan help met toiletroetines
  • Homself aan- en uit te trek
  • Aanvaarbare sosiale gedrag teenoor maatjies te openbaar
  • Met aandag na ‘n storie luister wat gelees word
  • Bevele aanvaar en opdragte uitvoer
  • Eenvoudige legkaarte te kan bou
  • Redelik noukeurig in te kleur en te omlyn
  • Prente en vorms te kan uitknip
  • ‘n Bal gooi en vang
  • Al redelik goed 10 voorwerpe te kan uittel

Bogenoemde is slegs riglyne!

VENNOOTSKAP MET KLEUTERSKOLE

Gereëlde kontak en interaksie met kleuterskole vind op ‘n kwartaallikse basis plaas.

Die Gr R-personeel is deel van die kleuterskoolvereniging wat kwartaalliks by Laerskool Saamtrek vergader.

Saamtrek probeer ‘n ondersteuningsnetwerk vestig vir die ontwikkeling van die kleuter om sodoende ‘n gelukkige, gebalanseerde kind daar te stel. Ons strewe daarna om saam met al die personeel wat met kleuters werk, ‘n informele omgewing te skep vir stimulasie aangesien te “formele onderrig” op ‘n vroeë tydstip van ontwikkeling groot skade by die kleuter tot gevolg het.

Die kleuter moet eksperimenteer, ontdek en speel-speel leer!


GR. 1 - 3

Hier poog ons ook om ons klassies so klein moontlik te hou sodat soveel moontlik persoonlike aandag aan elke leerder gegee kan word.

  • Klein klasse
  • Remediërende onderrig
  • Orto dikdaktiese ondersteuning
  • Kwaliteitonderwys
  • Opvoedkundige uitstappies
  • Rekenaarsentrum vir alle grade
  • Toegewyde personeel
  • Gereelde oueraande
  • Akademiese olimpiades
  • Elke kind is gelukkig!
  • Nasorgsentrum (Gr. R-3) en (Gr. 4-7)
  • Kunsklasse
  • Spraak en Drama
  • Dansklasse
  • Noodhulp

 

GR. 4 – 6: INTERMEDIêRE FASE EN GR. 7: SENIOR FASE

‘n Sterk en bekwame span onderwysers onder die leiding van die Adjunkhoof, Mnr Pieter Visagie word leerarea-onderrig in hierdie fase aan leerders gebied. Die uitstaande prestasies van ons leerders en hul latere hoërskoolloopbaan getuig van die goeie fondasie wat by die laerskool gelê word.

Assessering vind deurlopend plaas.