> BUITE AKTIWITEITE SUPER 12 SPORT

JOU SPORT

Maats, bring asb so gou as moontlik foto's en inligting oor jou prestasies en ons sal dit plaas.

Of Email Ons

MOTORSPORT

HOTRODS

Lee-Roy van Niekerk ontvang verskeie  trofee vir sy eerste plek (Ninja’s) in die Hotrod kompetisie gehou  op 5 Mei 2012.

HOTRODS

Dewald Serfontein Gr 6/4 ontvang 'n trofee vir "Ninja Midgets" op
Saterdag, 11 Februarie 2012.  Hy het 'n 1e Plek in 3 uitdunne.

 

Jaartrofee

Lee-Roy van Niekerk, graad 6/7, het die Jaartrofee gewen vir Hotrods te Klerksdorp

TWEEKAMP

Die twee dogters,  neem deel aan die  IRONKIDS te Port Elizabeth.

Caitlin-Lee Lotter  - graad R
60m swem; 1,2km hardloop

Ulani Oberholzer - graad 1
60m swem, 1,2km hardloop

DRIEKAMP

Noordwes kampioenskappe op 28 Januarie 2012 te Klerksdorp.
(100m swem, 5km fietsry, 1,25km hardloop.)
                                   
Ulani Oberholzer    graad 1    Deelname   (kwalifiseer eers vanaf 12 jaar vir span)  

HOKKIE

2011

Noordwes O/12-span

Gekies om Noordwes O/12-span te verteenwoordig op 6-9 Augustus in Mpumalanga.

Marie-Louise Gouws
Matthew Haupt

GHOLF

KAITLIN FENSHAM

KAITLIN FENSHAM het vir die tweede jaar gekwalifiseer en is genooi om aan die Gholf Junior Wereldbeker in Amerika te gaan deelneem.  Sy het ook gekwalifiseer en is genooi om in Europa ‘n groot toernooi te gaan speel.  Hierdie toernooie in 2012 is selfs groter as die vorige jaar.  Aangesien hierdie toernooie in skooltyd aangebied word sal Kaitlin dit nie bywoon nie.

Baie geluk Kaitlin, jy is ‘n ware Saamtrek ambassadeur!

 

US Kids World Qualifier

Kaitlyn Fensham, graad 5/2 het ‘n trofee gewen te Bronkhorstspruit op 11 Febr.  Sy was tweede in die US Kids World Qualifier vir Dogters 1O jaar.

 

2011

Golf World Qualifier

Kaitlin Fensham het in Bronkhorstpruit vierde plek behaal in die “Golf World Qualifier”, en het gekwalifiseer om in Amerika aan die Pepsi Little Peoples Golf Tournament in Quincy, Illinois te gaan deelneem in Junie 2011.

Baie Geluk Kaitlin, Samies is baie trots op hierdie prestasie van jou!!

C:\Documents and Settings\Administrator.LAERSKOO-1B7169\Local Settings\Temporary Internet Files\Content.Word\bronkhorstspruit 301.jpg

 

Toernooi

Mia de Bruin ontvang 'n silwer medalje by 'n onder
16 Toernooi nadat sy slegs 3 weke oefen.

 

Little peoples pepsi golf tournament

Kaitlin en haar pa trofee ontvang vir parent/child Tournament.
Hul was derde.


Kaitlin trofee ontvang vir derde plek. Wenner het 88 houe gespeel, en sy het 91 gespeel.
Sy was enigste van die suid afrikanertjies wat enigsins 'n plek gekry het

 

Dit was 'n span toernooi. Die span waarin kaitlin was het 1ste plek
Verower.

 

Nog 'n span toernooi. Span waarin kaitlin was het 3de plek verower.

 

 

Medaljes gewen op 8 Mei te Orkney.

Hentie Viviers
Graad  7/5
Brons

Herman Anderson
Graad 7/5
Goud

GIMNASTIEK

PRETORIA

Chantel Booysen het Mei 2012 verskeie medaljes verower op die Pretoria kompetisie

Internasionaal

Neem internasionaal deel te Kingkisepp (Rusland) op 17–18 Desember 2011.

Lilica Burger      graad 4/5       Bronssertifikaat algeheel.

 

2011

Shaze Cilliers. Wenener O11. Vlak 2

 

Medaljes gewen op 7 Mei vriendskaplik te Bloemhof.

Alicia Liebenberg
graad 2/3
Brug                silwer
Balk                brons

Algeheel          4/14

MODELWERK 2011

VERHOOG vir medaljes in North West Classic op 16 April.

Jessè van Tonder
graad 4/5
Goud
Silwer
Brons
Algeheel        Goud

SWEM

SA Streek Kampioenskappe

Malcolm Botha Gr 4.5

het op 30-31 Maart 2012 aan die SA Streek ouderdomsgroep kampioenskappe te Germiston deelgeneem en die volgende plekke behaal:

5de plek vir 100m Vlinderslag
7de plek vir 100m Borsslag

 

SA kampioenskappe

Christiaan du Toit
graad 6/4, Seuns 0/11,
ontvang medaljes tydens SA kampioenskappe te Polokwane op 23 – 26 Maart 2012.

Goud
50m rugslag     = NW rekord
100m rugslag   = NW Rekord
200m rugslag
400m vryslag

Brons
100m Borsslag
100m vryslag
50m vryslag
200m vryslag

Baie Geluk Christiaan!

 

NW Provinsiale 2012

Malcolm Botha (graad 4/5) het Vir Noordwes deelgeneem teen Noord Kaap, noord Vrystaat, Noord Kwazulu  te Rustenburg op 28/1/2011 en 3 Goud- en 2 Silwer medaljes gewen.

Verteenwoordig Saamtrek by NW Provinsiale ontwikkelingsgala te Rustenburg op 3 - 4 Februarie, en wen 3 Goud-, 3 Silwer-, en 1 Bronsmedalje.

 

Potchefstroom

Malcolm Botha, graad 4/5 het tyders ‘n inter-klub gala te Potchefstroom ses eerste plekke gekry en was 4de met die 800m, S  O/14.

TENNIS

Inter-provinsiale

Salome Brits 0/13

ontvang ‘n sertifikaat nadat sy aan ‘n Inter-provinsiale toernooi in Bloemfontein deelgeneem het vanaf 1-4 April 2012.

 

KARATE

SA PROEWE 2012

Tydens die SA proewe-toernooi te PUKKE op 21 April 2012 het die volgende leerders die pragtige uitslae behaal:

Reinhardt Hitge  Gr 7.5
Brons vir Kata           O/15 groep
Brons vir Kumitè        O/15 groep

Damion Petersen  Gr 7.5
Goud vir Kata            O/13 groep
Goud vir Kumitè         O/13 groep

Bronwyn Pearce  Gr 6.7
Goud vir Kata            O/13 groep
Goud vir Kumitè         O/13 groep

Al drie gaan deur na volgende rondte.  Baie geluk Samies!

 

2011

Martial Arts

Sergio de Abreu - Goud en silwer vir Martial Arts - Noordwes kleure

PUK, Potchefstroom

Ian Joynt, gr 7/1, ontvang ‘n medalje op 5 Maart 2011 PUK, Potchefstroom.
Goud - Kata.

C:\Users\Sharon Gouws\Documents\WEBTUISTE\WEBTUISTE MAART 2011\2011-03-10, Web\2011-03-07, Saal\Saal fotos resized\m_2011-03-07, Saal (1).jpg

Klerksdorp klub kampioenskappe: 3 Maart


Xander Grib  
Graad 3/2 
Goud                Tang-Soo-Do (Vorm)
Goud              Gevegstegniek

Potchefstroom:   17 April

Bronwyn Pearce   
Graad 4/5
Goud               Kumitè
Silwer              Kata

PERDRY

Kwalifiseerrondte Deelgeneem

Op 21 April 2012 het Annike en Jakus Bogenhofer aan die 2de Noordwes kwalifiseerrondte deelgeneem en die volgende uitslae behaal:

Annike Bogenhofer Gr  3 - 2x 3de plekke; 1x 4de plek;  1x 5de plek
Jakus Bogenhofer Gr  5 - 1x 3de plek;  1x 4de plek; 1x 5de plek

Op 3 – 4 Maart 2012 neem Annike en Jakus in Hartebeespoortdam kompetisie deelgeneem en verskeie rosette verwerf.

Annike Bogenhofer Gr 3:
2 x 2de plekke Dressering en Showing”
1 x 3de plek    “Working Riding”

Jakus Bogenhofer  Gr  5:
2de plek              Dressering                                                                                                   4de plek              “Showing”
5de plek              “Working Riding”

 

DEELNEEM

Jakus Bogenhofer, graad 5 het  op 14 en 19 Februarie te Johannesburg deelgeneem aan perdry en rosette verwerf vir:
5 x 1e  plekke en 1 x 2de plek

Jakus Bogenhofer, graad 5, het ook 2 x 1e plekke en sussie, Aníke Bogenhofer, graad 3,
het 1 x 2e en 1 x 3e plek op 25-26 Februarie te Stilfontein vir dressering gekry.

 

Nasionale Perdry kampioenskappe

Nika Wilkens het aan die Nasionale Perdry kampioenskappe in Kyalami gaan
deelneem 6-8 Aug 2011. Hier was gesamentlik 2700 deelnemers van reg oor die
hele land in skole verband. Die klasse waaraan Nika deelgeneem het, het
gemiddeld 45 kinders per klas gehad en elke provinsie was verteenwoordig
deur minstens 4 kinders.
Nika behaal n 3de plek in die 2de vlak Equitation - 70cm asook 6de plek in Working Riding. Tydens die showjumping behaal Nika n 9de plek. Die NW span vir die betrokke klasse behaal 'n 3de, 1ste en nog 'n 1ste plek!

Nika word deur Dean Mclane afgerig en haar perd is n Nooitgedacht ponie - Daumian.

 

SA Skole Kampioenskappe

Op die SA skole kampioenskappe wat op 7-8 Augustus in Johannesburg gehou is, het Geneveve Schamrel en Imkè Schamrel albei goue medaljes losgespring.

 

2011

Imkè Schamrel Graad 4 leerling  van Laerskool Saamtrek het die Julie skoolvakansie deelgeneem aan die Suid Afrikaanse Ponie Ruiter kampioenskappe in Johannesburg.
Sy verteenwoordig haar Provinsie FSNC in die volgende disiplines :
Ope Skouruiterkuns :  Novice Dressering :  Novice Equitation

Sy behaal ‘n individuele 3de plek in skouruiterkuns en die dresserings span wen en behaal goud en skop stof in die oë van al die groter provinsies soos Gauteng en Westelike Provinsie.

SA CHAMPS 2011 009.jpg
Imkè in die Skou Werkersponie met haar ponie Foresyte Cabrian Pimms

 

SA CHAMPS 2011 003.jpg
Imkè in die Novice dressering met haar ponie Foresyte Cabrian Pimms

 

Ivanka Schamrel Gr 7 Leerder by Laerskool saamtrek en Klub Lid van Harties Riding Club in Stilfontein het die afgelope skoolvakansie deelgeneem aan die Suid Afrikaanse Ponie Ruiter Kampioenskappe in Johannesburg.

Sy is deel van die FSNC span en verteenwoording die span in Ope Dressering : Ope Skou Ponie en 1M Skouspring sy neem ook individueel deel aan die Ope Equitation.

Ivanka behaal Individuële 1stde Plek in die Accumulator 1Meter  Skouspring  afdeling , asook en 8ste plek in die  Welcome Stakes met  haar ponie Rocket”88.
Sy behaal ook 7de plek in die Welcome Stakes  1Meter Skouspring afdeling met haar ponie Spring Close Prince Dante.
Sy neem ook in die Ope Dressering deel met haar ponie Ya-El Silver Medallion en vaar hier ook baie goed en saammet haar medespanmaats slaag hulle daarin om Silver te verower net kort asem agter Gauteng .
Ivanka word afgerig deur Bev Williamson .

SA CHAMPS 2011 030.jpg
Ivanka Schamrel en haar Ponie Rocket “88  wenners van die SA Ponie Skouspring Accumulator Klas 1M 2011 asook 8ste plek in die Welcome Stakes 1M Klas .


Ivanka Schamrel met haar Ponie Spring Close Prince Dante wat in die Championship 1M Suid Afrikaanse Ponie Ruiterkampionskappe ‘n Individuele 7de plek behaal.


Ivanka Schamrel met haar Ponie Ya-El Silver Medallion deel van die FSNC Ope Dressering span wat Silver verower tydens die afgelope Suid Afrikaanse Ponie Ruiter Kampioenskappe in Johannesburg.

 

 

Rosette verwerf by SANEF skole skou te Rustenburg op 5 – 6/2/2011

Genevève Schamrel    - graad 2

1ste                Rykuns vlak 1
2de                 Dressering prelim. 3

Imke Schamrel   - graad 4

1ste                 Rykuns vlak 3
1ste                 Werkersponie vlak 3
1ste                 Novice 1 dressering
1ste                 Novice 4 dressering
1ste                 “Equitation” vlak 1

SKIET 2011

.22 SYFSKIET:

Trofee verwerf op Senwes Jagklub kompetisie op 7 Oktober.

Henry Meiring     Graad 6/6      1ste plek Junior .22 skiet.

 

Ontvang Sertifikate tydens Vaal Reefs klub kompetisie op 5 Februarie.


Ivan Murray
graad 7
2  x 1e plekke   .22
en
2  x 2e plekke    30.06