GESKIEDENIS
Ons trotse skool is die oudste skool in die noordelike voorstede van Klerksdorp, en is sedert 1954 in gebruik. Oor bykans vyf dekades heen het hierdie skool gegroei en naam op velerlei terreine gemaak om vandag een van die bekendste skole in die Noordwesstreek te wees. Ons leef ons leuse: “Werk en Glo”, in volle harmonie met leerders, ouers en onderwysers ten volle uit. Hier is ons doel om jou die bes moontlike grondslag vir jou toekoms te bied.
HARTLIK WELKOM AAN ELKEEN WAT BESLUIT HET LAERSKOOL SAAMTREK IS DIE SKOOL VIR JOU!
BELANGRIK OM TE WEET…
Ons hoof is Mnr Pieter Visagie, en hy kan gedurende skoolure by die skool besoek word, of geskakel word by tel. 018-4624231.
O ja, ons skool begin elke oggend om 07:35 en kom 13:00 (Gr. R, 1-2) en 13:35 (Gr. 3-7) uit… En Vrydae kom die skool vir alle leerders om 13:00 uit. Pouses is normaal vanaf Maandag tot Donderdag om 10:10 en 11:50. Op Vrydae is die pouses 09:30 en 11:24.
WIE BESTUUR DIE SKOOL?
Die bestuur van die skool word behartig deur ‘n bestuurspan wat bestaan uit 6 verkose ouers, die hoof, dagbestuur en een nie-onderwyspersoneellid. Aan die hoof van hierdie bestuurspan is die Voorsitter van die Beheerliggaam. Elk van die ander ouerlede in die beheerliggaam beklee ‘n bepaalde portefeulje.
Vanuit die ouergemeenskap word daar jaarliks ook ‘n graadkomitee vir elke graad verkies, met ‘n voorsitter en nagenoeg 5 ander lede.
SKOOLGELD
Die skoolgeld is betaalbaar oor 12 maande (Januarie to Desember). Die bedrag word jaarliks aangepas. Hierdie saak word egter baie maklik vir Pappa en Mamma gemaak omdat ons die gelde sommer per debietorder van hul vorder, en hul dus nie nodig het om elke maand nog daarvan te onthou nie!
RIGLYNE VIR SKOOL- EN SPORTDRAG
Omdat ons trots is op ons skool se leerders en hul voorkoms, verskaf ons graag die volgende riglyne vir skool- en sportdrag.
(Ag, en merk tog maar die klere, veral truie en sweetpakke – dit skakel geweldig baie frustrasie vir mamma uit!)
SKOOLDRAG
Verskaffer: AK Bazaars
SOMER
DOGTERS:
Rooi en wit rokke met wit skoolkouse en swart skoolskoene. Slegs rooi skoolbroekies word deur alle dogters gedra.
SEUNS:
Grys kortmouhemde met grys kortbroeke. Grys skoolkouse met rooi en wit strepe aan bokant van die kous saam met swart toerygskoene. Kaalvoet is aanvaarbaar.
WINTER
Oorskakeling na winterdrag word jaarliks aangekondig, maar begin Meimaand as ‘n vertrekpunt.
DOGTERS:
Wit langmouhemp met skooldas word saam met ‘n grys skoolbroek of romp gedra. Grys skoolkouse word by swart skoolskoene gedra. Dogters se skoene moet ‘n bandjie oor die voet hê. Grys skooltruie of skoolsweetpakbaadjie word gedra. Geen ander kleur warm baadjie is toelaatbaar nie.
Die skoolsweetpak met ‘n wit hemp en skooldas kan ook gedra word. Swart skoolskoene word hierby gedra. ‘n Oorwegend wit tekkie is ook toelaatbaar.
SEUNS:
Grys langmouhemde met skooldas word by ‘n grys langbroek gedra. Slegs swart toerygskoene is toelaatbaar. Grys skoolkouse word gedra. Grys skooltruie of skoolsweetpakbaadjie word gedra – geen ander warm baadjies is toelaatbaar nie.
Die skoolsweetpak met ‘n grys langmouhemp en skooldas kan ook gedra word. Swart skoolskoene word hierby gedra. ‘n Oorwegend wit tekkie is ook toelaatbaar.
SAMIESDRAG
Hierdie drag word na uitstappies of na informele skoolgeleenthede gedra. Die rooi Saamtrekhempie met ‘n gewone blou denim (nie mode denims nie) en oorwegend wit tekkies. In die somer kan die skool se grys kniebroek gedra word.
SPORTDRAG
Die sportdrag van die verskillende sportsoorte is:
Atletiek:
Sportdrag – Atletiek – Saamtrek atletiekhempie
Landloop:
Saamtrek atletiekhempie en rooi “polyshort”
Rugby:
Eerste span: swart, en ander wit rugbybroekie. Truie is by die skool te huur.
Netbal:
Die netbaldrag is beskikbaar by die verskaffers.
Krieket:
Wit broek, Saamtrekhemp en krieketkouse. Beskikbaar by AK. Toerusting
word deur die skool voorsien.
Tennis:
Dogters:
- Dieselfde as die netbaldrag, wit kouse, sportskoene en eie raket.
Seuns:
- Saamtrekhemp, wit broek, wit kouse, sportskoene en eie raket.
Skaak:
Skooldrag. Die skool voorsien skaakstelle.
Ons grys sportsweetpak en kniebroek is by die verskaffers beskikbaar.
NOTA: Merk asseblief al jou kledingstukke!
OEFENDAE EN TYE
Omdat ons weet dat ons leerders geweldig baie aktiwiteite het, binne sowel as buite die skool, is dit belangrik dat daar goeie organisasie is. Om die program werkbaar te maak, gee ons vir elke leerder ons skool se aktiwiteitsprogram en vra ons dat hy/sy asseblief daarby sal hou, tensy anders met hom/haar gereël is.
Aktiwiteitsprogramme met tye vir elke kwartaal by Sport en Kultuur organisasie beskikbaar.
ONS VISIE
ONS MISSIE
Die ABC ... van
Laerskool Saamtrek is dat elke kind :
A – Aangemoedig word om volgens sy/haar vermoë te
groei
B – Betrokke is.
C – Aan Christelike waardes blootgestel word
KERNWAARDES VAN ONS SKOOL
- Om teen ander persone op te tree soos wat ek verwag hulle teen my moet optree.
- Om individue te aanvaar en te waardeer as unieke skepsels van God.
- Om verskille tussen mense te erken.
- Om te poog om ander mense se manier van dink, voel en doen te verstaan.
- Om ander persone se bydraes te erken.
- Om nie te kritiseer as jy nie die feite het nie.
- Om verdraagsaam te wees.











